Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het op 20 Februarie 2019 sy eerste Nasionale Begrotingstoespraak gelewer met die fokus vir die komende fiskale jaar op die verstewiging van belastingadministrasie in lyn met die aanbevelings van die Nugent-Kommissie. Dit behoort ondersteun te word deur die aanstelling van die nuwe, permanente SAID- Kommissaris in die komende weke.

Die 2019-begroting berus op ses “fundamentele voorskrifte”:

  1. Bereiking van ‘n hoër tempo van ekonomiese groei
  2. Toename in belastinginvordering
  3. Redelike en bekostigbare besteding
  4. Stabilisering en vermindering van skuld
  5. Hersamestelling van staatsbeheerde ondernemings
  6. Bestuur van die openbare sektor se loonrekening

Hoogtepunte

  • Totale belastinginvorderings vir 2018/19 sal na beraming R1.3 triljoen beloop, ‘n begrotingstekort van R42.8 biljoen.
  • Toename van die brandstofheffing met 29sent/liter, bestaande uit ‘n toename van 15sent/liter in die algemene brandstofheffing en ‘n 5sent/liter toename in die Padongelukfonds-heffing vanaf 3 April 2019.
  • Instelling van ‘n koolstofbelasting op brandstof van 9sent/liter vanaf 5 Junie 2019, waarteen geen diesel-terugbetaling geëis kan word nie.
  • Toename in aksynsregte op alkohol en tabakprodukte tussen 7.4% en 9%, heelwat meer as inflasie. Voorstelle om elektroniese sigarette en tabakverhittings-produkte te belas.
  • Koolstofbelasting sal op 1 Junie 2019 ingestel word. Die SAID en die Departement van Omgewingsake sal gesamentlik die belasting administreer.
  • Persoonlike belastingkategorieë bly onveranderd en sal nie vir inflasie aangepas word nie. Dit sal inkomste van R12.8 biljoen meebring. Primêre, sekondêre en tersiêre kortings sal met slegs 1.1% verhoog word (tot R14 220, R7 794, en R2 601 onderskeidelik.)
  • Geen verandering in die maandelikse mediese belastingkrediet vir medieseskema-bydraes nie.
  • Verhoging van suikerbelasting tot 2.21 sent per gram bo 4 gram suiker per 100ml, vanaf 1 April 2019.
  • Beduidende vooruitgang met terugbetaling van BTW-terugbetalings: kredietboek van R42 biljoen in September 2018 het verminder tot R31 biljoen in Januarie 2019.
  • Eskom sal ‘n jaarlikse toekenning van R23 biljoen van belastingbetalers ontvang oor die volgende drie jaar terwyl dit herstruktureer word tot drie onafhanklike eenhede. Die R69 biljoen-koste sal ‘n verhoging van R16 biljoen meebring in die staat se selfopgelegde bestedingsplafon.
  • ‘n Uitvoerbelasting op afvalmetaal sal ingestel word.
  • ‘n Reserwe van R13 biljoen is opsy gesit om in die jaar wat voorlê steun te verleen aan die SAL, die SAUK, Denel en ander ondernemings in staatsbesit. In die lopende jaar het die SAL se skuld wat deur die staat gewaarborg word, met R6.2 biljoen gestyg terwyl ‘n verdere waarborg van R1 biljoen aan Denel toegestaan is. Die Landbank was die uitsondering en het eintlik skuld vereffen.
  • Daar sal vanjaar geen salarisverhogings vir parlementslede, provinsiale wetgewers en uitvoerende amptenare van ondernemings in staatsbesit wees nie.
  • Die grootste toewysings uit die R5.87 triljoen totale staatsbesteding oor die volgende drie jaar is vir onderwys (20%), maatskaplike ontwikkeling (15%) en gesondheid (10%).
  • Meer as R30 biljoen word toegewys vir die bou van nuwe skole en instandhouding van skolinginfrastruktuur. ‘n Verdere R2.8 biljoen sal gebruik word vir die vervanging van puttoilette in 2 400 skole. Meer as R111 biljoen word oor die mediumtermyn belê vir die befondsing van universiteits- en tegniese kollege opleiding van 2.8 miljoen studente uit arm en werkersklas agtergrond.
  • In die komende fiskale jaar is R567 biljoen toegewys vir maatskaplike toelaes. Ouderdomspensioene sal met R80 per maand styg terwyl maandelikse toekennings vir pleegsorg met R40 en kindersorg met R10 sal styg.
  • Daar is meer dokters en verpleegsters nodig en R2.8 biljoen word geprioritiseer vir ‘n nuwe menslike hulpbrontoekenning; ‘n Addisionele R1 biljoen word toegewys aan interne en R1 biljoen sal gebruik word om die maandelikse besoldiging van gemeenskapsgesondheidswerkers tot R3 500 te verhoog.
  • Die inkubasieprogram vir klein ondernemings sal ondersteun word met ‘n toekenning van R481 miljoen aan die Kleinsake Ontwikkelingsagentskap.
  • R8 biljoen word toegewys vir die implementering oor die volgende drie jaar van 262 landelike hervormingsprojekte. R3.7 biljoen word opsy gesit vir ontluikende boere wat grond wil aanskaf om te boer. Die Landbank het R3 biljoen opsy gesit om kleinboere te ondersteun en vennootskappe met finansiële instellings te fasiliteer.
  • ‘n Addisionele R3.5 biljoen oor die volgende drie jaar word aan SANRAL toegeken om nie-tolpaaie te verbeter.

Voorstelle oor inkomstebelasting

  • Waagkapitaalmaatskappye

Naas die betekenisvolle veranderinge wat in 2018 aan die Waagkapitaalmaatskappy-regime stelsel aangebring is word verdere amendemente voorgestel om die waargenome misbruik van die stelsel te verhoed.

  • Aanspreek van vernederende reëlings gemik op die vermyding van die anti-dividend stropingsbepalings. Addisioneel tot onlangse wetgewende veranderinge gaan die reëls wat betrekking het op aandeleterugkoping en dividendestroping met ingang 20 Februarie gewysig word om nuwe vorme van misbruik te beteuel. Daar is nie tans verdere besonderhede oor die spesifieke reëls beskikbaar nie.
  • Voorheen is dobbelbelasting voorgestel in die vorm van ‘n 1% heffing vir die befondsing van rehabilitasie- en bewustheidsprogramme om die negatiewe invloed van buitensporige dobbel die hoof te bied. Konsepwetgewing vir openbare kommentaar word in die loop van 2019 verwag.
  • Belastingbehandeling van bedrae ontvang deur portefeuljes van kollektiewe beleggingskemas. In 2018 is amendemente voorgestel om die profyt van sommige kollektiewe beleggingskemas te belas as inkomste in plaas van kapitaal. Nadat die publiek se kommentaar op die konsep deurgekyk is het die staat besluit dat meer tyd nodig is om met die bedryf saam te werk ten einde oplossings te vind wat nie die relevante groepe negatief sal affekteer nie. Hierdie studie word vir die 2019 wetgewende siklus voorgestel.

Voorstelle met betrekking tot Belasting op Toegevoegde Waarde

  • Hersiening van die definisie van “groep maatskappye” vir elektroniesedienste -regulasies. Met ingang 1 April 2019 sal regulasies wat elektroniese dienste voorskryf, die omvang van elektroniese dienste wat in Suid-Afrika onderhewig is aan BTW, uitbrei. Hierdie regulasies sluit elektroniese dienste uit wat tussen maatskappye in  ‘n “groep maatskappye” gelewer word, indien ‘n nie-inwonende maatskappy sodanige dienste aan ‘n inwonende maatskappy in dieselfde groep lewer.
  • Verfyning van die BTW korporatiewe herorganisasiereëls. Die BTW-wet gee verligting aan maatskappye in dieselfde groep deur die verskaffer en die ontvanger van goedere of dienste as dieselfde persoon te behandel tydens korporatiewe herorganisasietransaksies. As hierdie transaksies plaasvind in terme van afdelings 42 of 45 van die Wet op Inkomstebelasting word BTW-verligting slegs toegelaat as die oordrag betrekking het op ‘n lopende onderneming. Dog, oordrag van vaste eiendom onder hierdie afdelings mag dalk nie altyd ‘n lopende onderneming betrek nie. Daar word voorgestel dat die BTW-wet gewysig word om behandeling in hierdie gevalle te verhelder.
  • BTW-reëlings. Die BTW-wet verleen diskresionêre bevoegdhede aan die SAID om voorskrifte met betrekking tot die berekening of betaling van belasting of die toepassing van enige voorskrif, vrystelling of nulkoers, toe te pas in gevalle waar moeilikhede, anomalieë of ongerymdhede ontstaan het as gevolg van die besigheidsoptrede van ondernemers. ‘n Konstitusionele hersiening van afdeling 72 van die BTW-wet behoort onderneem te word, gegewe die uitdagings wat onstaan het met die toepassing daarvan met betrekking tot die vepligte bewoording van die BTW-wet.
  • POF-heffing-dieselterugbetalings.Die boerdery-, bosbou- en mynboubedrywe ontvang terugbetalings van heffings wanneer hulle diesel koop. Die terugbetalings se doel is om die POF-heffing wat hierdie gebruikers betaal, te neutraliseer. Hierdie dieselgebruikers ontvang egter steeds voordele van die POF as hulle ongelukke beleef waarby motorvoertuie betrokke is. Daar word voorgestel dat die POF-heffing se dieselterugbetalingsvoordeel vir hierdie primêre produksienywerhede beperk word om te verseker dat dieselgebruikers in hierdie sektore ‘n billike bydrae maak to hul POF-vrywaring.

Individue, indiensname en besparings

  • Verfyning van die buitelandse indiensname inkomstebelastingvrystelling vir Suid-Afrikaanse inwoners. Vanaf 1 Maart 2020 sal Suid Afrikaanse inwoners wat meer as 183 dae buite die land in diens is, onderhewig wees aan Suid-Afrikaanse belasting op enige buitelandse inkomste wat R1 miljoen Om maandelikse weerhouding van inkomstebelasting in Suid-Afrika asook in die gasheerland te verhoed, word voorgestel dat Suid-Afrikaanse werkgewers toegelaat word om hul maandelikse LBS-weerhouding te verminder met die bedrag aan buitelandse belasting wat uit die indiensname-inkomste weerhou word.

Doeane en aksyns

  • Uitsluiting van grootmaatwyn-bewegings uit die verpligte tariefbepalingsvereiste. Grootmaat wyn wat uit een aksynsvervaardiging-pakhuis na ‘n ander verskuif word, word gebruik as ‘n inset vir verdere vervaardiging en is nie die finale alkoholiese drank wat onderhewig behoort te wees aan die tariefbepalingsvereiste nie. Grootmaat-wynverskuiwing tussen pakhuise sal daarom vrygestel wees van die noodsaak om verpligte tariefbepalings te bekom.

Oorgrens- inkomstebelasting en deviesebeheer-voorstelle

  • Hersiening van beheerde buitelandse maatskappyreëls. Die globale neiging om die korporatiewe belastingkoerse te verminder, beïnvloed die huidige beheerde buitelandse maatskappy-vergelykbare belastingvrystelling. Daar word voorgestel dat die vrystellingsdrempel-persentasie verminder word, gesien die  volhoubaarheid van die belastingbasis.
  • Hersiening van die definisie van permanente diensstaat. Die OECD het in 2017 hierdie definisie uitgebrei.Toe Suid-Afrika die OECD se multilaterale konvensie onderteken het, het hy nie die definisie van permanente diensstaat uitgebrei nie. Gevolglik gebruik Suid-Afrikaanse belastingverdrae die eng definisie vir permanente diensstaat. Die Inkomstebelastingwet gebruik egter die uitgebreide definisie. Daar word voorgestel dat die definisie van permanente diensstaat in die Inkomstebelastingwet hersien word om vas te stel of ‘n beperking geregverdig is.
  • Verheldering van die wisselwerking tussen kapitaalwinsbelasting en buitelandse valuta transaksiereëls. Bates wat van die hand gesit of verkry word in buitelandse valuta is onderhewig aan sowel buitelandse valuta transaksiereëls as kapitaalwinsbelastingreëls.Ten einde dubbelbelasting op bates te verhoed word buitelandse skuld tans uitgesluit van die spesifieke kapitaalwinsbelasting-reëls. Dit is egter nie duidelik hoe die algemene reëls toegepas word as buitelandse effekte van die hand gesit word teen ‘n kapitaalwins of verlies nie. Daar word voorgestel dat hierdie reëls hersien word om potensiële dubbelbelasting te verhoed.

Administratiewe voorstelle

  • In Augustus 2018 het die Nasionale Tesourie en die SAID gesamentlik, deur ‘n reeks industrie-spesifieke werkswinkels, uitvoerige beraadslagings gevoer oor die gepubliseerde besprekingsdokument, “Review of the Diesel Fuel Tax Refund System”, Die voorgestelde nuwe stelsel sal die basis verskuif van wenslike gebruikers na wenslike aktiwiteite.. Die ontwerp van die nuwe vrystaande dieselterugbetalings-administrasie sal in hooftekke beskryf word in konsepreëls en notas wat ontwikkel gaan word en in die loop van die jaar vir openbare kommentaar gepubliseer sal word.
  • Die wetgewende bepalings wat verband hou met voldoeningsertifikate sal bygewerk word om onlangse stelselvereistes in te sluit.

Belastingkoerse

  • Die volgende koerse bly onveranderd:
  • BTW teen 15% (die lys nulkoersitems waar BTW bereken word teen 0%, sal vanaf 1 April uitgebrei word)
  • Korporatiewe inkomstebelasting teen 28% en dividende-weerhoubelasting teen 20%.
  • Alle inklusiewe koerse vir Kapitaalwinsbelasting
  • Rente en tantiéme-weerhoubelasting teen15%
  • Alle belastingkategorieë vir individue, soos hieronder uiteengesit
​Belasbare inkomste (R) ​Koerse van belasting (R)
0 – 195 850 18% van belasbare inkomste
195 851 – 305 850 35 253 + 26% van belasbare inkomste bó 195 850
305 851 – 423 300 63 853 + 31% van belasbare inkomste bó 305 850
423 301 – 555 600 100 263 + 36% van belasbare inkomste bó 423 300
555 601 – 708 310 147 891 + 39% van belasbare inkomste bó 555 600
708 311 – 1 500 000 207 448 + 41% van belasbare inkomste bó 708 310
1 500 001 en bó 532 041 + 45% van belasbare inkomste bó 1 500 000

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email