20160721_112449Dankie, dankie, dankie aan T.Roos & Kie vir dertig jaar van my lewensreis!

Op 21/07/1986 het ‘n twentigjarige meisie as ‘n ontvangsdame vir Wyle C.F. Grobbelaar by T. Roos & Kie begin werk. Hier het hy, as my leermeester my hand gevat en met ongelooflike geduld, my grondslag gevorm vir die kennis waaroor ek vandag beskik. In 1997 het C.F. Grobbelaar Jnr. (Neels) aangesluit by T. Roos & Kie en voortgegaan om my te help om ook suksesvol te kan wees in die loopbaan van my keuse, deur sy kennis op ‘n daaglikse basis met my te deel.

Ek is die geleentheid gegun om in verskeie afdelings van die werk kennis op te doen, maar glo my daar is nog baie om te leer.

Dankie aan elke persoon wat deur my lewensreis by T Roos & Kie my pad gekruis het en hulle kennis met my gedeel het, asook aan elke kliënt wat my kennis getoets het en my gedwing het om te gaan leer oor verskeie aspekte van hierdie wye veld van werk.

Wat ‘n groot  voorreg om na dertig jaar in dieselfde firma my drome nog te mag voortsit!

Baie geluk aan Elize Wentzel en dankie vir jou aandeel aan die sukses van ons praktyk die afgelope dertig jaar.

 

Print Friendly, PDF & Email