Category: Business (page 1 of 4)

What happens during liquidation?

The South African Revenue Service (“SARS”) issued Binding Private Ruling 336 on 6 December 2019.

In terms of this ruling, a listed resident company (“the Company”) previously granted a loan to its wholly-owned resident subsidiary (“the Subsidiary”) in order for the Subsidiary to acquire shares in the Company. The Company subsequently decided to deregister the Subsidiary.

In order to affect the deregistration, the Subsidiary proposed to, in anticipation of its deregistration, distribute all its assets (the Company shares) to the Company as a dividend in specie and as a liquidation distribution as contemplated in section 47 of the Income Tax Act.[1]  In return, the Company will waive the outstanding loan and cancel the Company shares so distributed by the Subsidiary to the Company. The Subsidiary will then be deregistered.

SARS confirmed in the ruling that no adverse tax consequences should arise for either the Company or the Subsidiary based on the following reasons.

SARS agreed that the distribution of the Company shares by the Subsidiary will constitute a liquidation distribution as contemplated in section 47.[2]The distribution will therefore not result in any capital gains tax consequences for either the Company or the Subsidiary. The Company should furthermore disregard the disposal or any return of capital for purposes of determining its taxable income, assessed loss or aggregate capital gain or aggregate capital losses.[3]

The liquidation distribution constitutes a dividend and must be included in the Company’s gross income. However, SARS confirmed that the dividend will be exempt from income tax in terms of section 10(1)(k)(i). The dividend will also not be subject to dividends tax (section 64G(2)(b)).

No securities transfer tax will arise on the transfer of the shares from the Subsidiary to the Company (section 8(1)(a)(v) of the Securities Transfer Tax Act[4]) and the subsequent cancellation of the shares so received by the Company will not constitute a disposal (paragraph 11(2)(b)(i) of the Eighth Schedule to the Income Tax Act).

The ruling furthermore confirms that paragraph 77 (relating to distributions in liquidation or deregistration received by holders of shares) and paragraph 43A (dividends treated as proceeds on disposal of certain shares) of the Eighth Schedule will also not apply to the proposed transactions.

There will also not be any capital gains tax consequences with regards to the loan waiver as the reduction of debt between connected persons in anticipation of deregistration is specifically excluded in paragraph 12A(6)(e) of the Eighth Schedule.

SARS granted the ruling subject to an additional condition, that is to say, that the Subsidiary takes the required steps to deregister within a period of three years as contemplated in section 41(4).

  • [1] No. 58 of 1962
  • [2] See the definition in paragraph (a) of section 47(1).
  • [3] Section 47(5)
  • [4] No. 25 of 2007

This article is a general information sheet and should not be used or relied upon as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice.  Errors and omissions excepted (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

‘n Voorspoedige 2020!

‘n Voorspoedige 2020 word vir al ons T Roos  kliënte en personeel toegewens! Mag julle elkeen ‘n jaar van onvoorwaardelike liefdenimmereindigende vrede en tonne voorspoed en geluk genietMag julle elke dag God se droom vir julle lewe uitleef.  
 
‘n Vriendelike verwelkoming aan al ons personeelons vertrou julle het die feestyd geniet en lekker uitgerus. 
 
‘n Vriendelike verwelkoming ook aan die nuwe personeel wat by ons T Roos “familie” aangesluit het, ons weet julle gaan dit baie geniet hier en vertrou dat julle ‘n aanwins tot die praktyk sal wees. 

Print Friendly, PDF & Email

Veranderinge in korporatiewe beheer

Die einde van 2019 het aangebreekOns het dit dus goedgedink om ʼn kort opsomming vir u te gee van die belangrike onderwerpe wat gedurende die jaar aangeraak is. 

CIPC jaarlikse opgawes

In terme van Artikel 33 van die Maatskappywet No. 71 van 2008 (“die Wet”), word daar van alle maatskappye en beslote korporasies vereis om jaarlikse opgawes by die “Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom” (“CIPC”) in te dien. 

Die doel van die jaarlikse CIPCopgawe is om te bevestig dat:  

  • ʼn entiteit nog in besigheid is; 
  • ʼn entiteit handeldryf; en 
  • ʼn entiteit in die nabye toekoms nog handeldrywend gaan wees. 

Jaarlikse opgawes kan slegs elektronies op die CIPC webtuiste ingedien word en binne die volgende voorgeskrewe tydperke. In die geval waar ʼn entiteit dormant is, word daar steeds van die entiteit verwag om ʼn jaarlikse opgawe by die CIPC in te dien ten einde deregistrasie te vermy. 

Gedurende Februarie 2016, het CIPC ‘n program geloods om eXtensible Business Reporting Language (“XBRL”) te loots wat sal dien as ‘n digitale vorm van finansiële verslaggewing vir entiteite in Suid-Afrika. Entiteite wat deur wetgewing verplig is om hul finansiële state in te dien saam met hul jaarlikse opgawe, sal dit dus in XBRL formaat moet indien. 

Die aard van beslote korporasies

‘n Beslote korporasie het nie aandeelhouers nie, maar het lede. ‘n Beslote korporasie is ‘n afsonderlike regspersoon en staan onafhanklik en verwyderd van sy lede. ‘n Beslote korporasie kan uit tussen een en tien lede bestaan. Die beperking op die aantal lede in ‘n beslote korporasie beklemtoon die Wetgewer se bedoeling dat beslote korporasies bestem is vir kleiner ondernemings, waar die verhoudings tussen die lede soortgelyk is aan dié van vennote. 

Slegs natuurlike persone mag lede van ‘n beslote korporasie wees en geen regspersone mag ‘n ledebelang in ‘n beslote korporasie hou nie. ‘n Maatskappy of beslote korporasie kan dus nie ‘n lid van ‘n beslote korporasie wees nie. ‘n Beslote korporasie mag wel ‘n lid van ‘n maatskappy of vennootskap wees  ‘n beslote korporasie kan selfs die beherende aandeelhouer van ‘n maatskappy word. 

‘n Trustee van ‘n trust, hetsy ‘n inter vivos of testamentêre trust. kan in die hoedanigheid van trustee lid van ‘n beslote korporasie wees. Daar bestaan egter sekere beperkings op die toelating van ‘n trustee van ‘n trust inter vivos om ‘n lid te wees, soos die vereiste dat geen regspersoon ‘n begunstigde van sodanige trust kan wees nie. 

PBO’S NPO’S en NPC’s

Daar bestaan baie verwarring rondom die onderskeid tussen ‘n Openbare Weldaadsorganisasie (“PBO”)’, ‘Nie-winsgewende Organisasie (“NPO”)’ en ‘n ‘Nie-winsgewende Maatskappy (“NPC”). Alhoewel daar soortgelyke karaktereienskappe tussen hierdie liefdadigheid-entiteite bestaan, en alhoewel hulle in ‘n sekere mate met mekaar verbind is, is elkeen van hierdie tipe entiteite verskillend van die ander een en dien elkeen ‘n ander doel.  

Elk van die voornoemde entiteite word ook by verskillende regerings-organisasies en departemente geregistreer, wat die onderskeid verder beklemtoon. 

‘n NPO word gedefinieer deur die Nie-winsgewende OrganisasieWet No. 71 van 1997 as ‘n trust, maatskappy of enige ander assosiasie van individue wat gestig word vir: 

  • ‘n publieke doel en; 
  • waarvoor die inkomste en eiendom nie verdeel word onder die direkteure of lede andersins as vir die verkryging van redelike vergoeding vir dienste gelewer aan die entiteit nie. 

‘n NPC word gedefinieer deur die Maatskappy Wet No 71 van 2008 (“die Wet”) as “‘n maatskappy wat:  

  • geïnkorporeer word vir openbare voordeel soos vereis word deur item 1(1) van Skedule 1 van die Wet en; 
  • waarvan die inkomste en eiendom nie verdeel word onder die direkteure, beamptes of persone watenigsins verbind is tot die maatskappy nie.” ‘n Organisasie moet aansoek doen om geregistreer te word as ‘n NPC by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (“CIPC”). Die organisasie sal dan dieselfde eienskappe en voordele hê van ‘n privaat of openbare maatskappy. ‘n NPC kan geregistreer word met of sonder lede. 

Die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (“die Inkomstebelastingwet”) definieer ‘n PBO as enige organisasie wat:  

  • ‘n nie-winsgewende maatskappy, trust of assosiasie van persone is soos gedefinieer in artikel 1 van dieWet wat geïnkorporeer of gevorm is in terme van wetgewing; of
  • enige tak van ‘n maatskappy, assosiasie of trust wat geïnkorporeer of gevorm is  en wat vrygestel is van inkomstebelasting waarvan die hoofdoelwit is om een of meer openbare belang aktiwiteite te dryf waar –
  • sulke aktiwiteite uitgevoer word op ‘n nie-winsgewende manier met ‘n filantropiese bedoeling; en 
  • hierdie aktiwiteite nie bedoel is om direk of indirek enige belanghebbende persoon of werknemer van die organisasie ekonomies te bevoordeel nie, andersins as vir betaling van redelike vergoeding vir die werknemer of belanghebbende persoon se diens aan die maatskappy, en 
  • die aktiwiteite wat deur die organisasie uitgevoer word vir die voordeel is van die wyer publiek. 

Dividendverklarings

Ingevolge Artikel 46 van die Wet, moet die direksie van die maatskappy die dividendverklaring goedkeur per skriftelike resolusie.  Die direkteure moet ook verklaar dat die solvensie- en likiditeitstoets toegepas is, soos vereis in Artikel 4 van die Wet, en dat hulle redelikerwys bevind het dat die maatskappy solvent en likied sal wees vir die 12 maande wat volg op die datum van die dividendverklaring. 

Die dividend moet aan die aandeelhouers van die maatskappy uitbetaal word, proporsioneel tot hul aandeelhouding in die maatskappy, nadat die direksie die dividendbelasting in ag geneem en teruggehou het.  Die dividendbelasting is betaalbaar aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”) teen die laaste werksdag van die maand wat volg op die verklaring van die dividend. 

Direksie vergaderings

Die Maatskappywet 71 van 2008 (“die Wet”) spesifiseer dat ‘n maatskappy en maatskappy aangeleenthede bestuur moet word onder die beheer van ‘n raad van direkteure, wie die bevoegdhede moet hê om al die magte en funksies binne die maatskappystruktuur te kan uitoefen. Die algemene magte van die raad van direkteure word gereguleer deur die Wet en mag ook beperk word in terme van die maatskappy se Memorandum van Inkorporasie (“MOI”). 

Daar word van die direkteure van ‘n maatskappy vereis om hul magte op so manier uit te oefen om uitvoering te gee aan effektiewe bestuur van die maatskappy deur middel van besluite en resolusies wat goed gekeur moet word by direksie vergaderings.  

Die vergaderings moet behoorlik belê word deur ‘n kennisgewing van die vergadering wat aan elke lid van die direksie gegee moet word en ‘n behoorlike quorum wat teenwoordig moet wees voordat enige vergadering kan voortgaan en daar op enige aangeleentheid besluit mag word.  

‘n Direksie vergadering mag enige tyd byeen geroep word deur ‘n direkteur wie gemagtig is deur die raad van direkteure om so te doen. Onderhewig aan die maatskappy se MOI, wat ‘n groter of laer persentasie kan voorskryf, moet ‘n direksie vergadering byeengeroep word as teminste 25% van die direkteure een vereis in die geval waar die maatskappy 12 of meer direkteure het, of deur teminste 2 direkteure waar die maatskappy uit minder as 12 direkteure bestaan.  

Indien u graag meer wil uitvind oor enige van die onderwerpe wat aangeraak was in terme van Korporatiewe beheer aangeleenthede, kontak gerus vir Arné Bester (pty@asl.co.za) in ons Korporatiewe Beheer Afdeling. 

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

ARTIKEL 24C TOEKOMSTIGE UITGAWES

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”) het op 10 Januarie 2019 ’n bindende privaatbeslissing (“BPR 315”) in ooreenstemming met artikels 78(1) en 87(2) van die Wet op Belastingadministrasie[1], uitgereik. Hierdie beslissing bepaal die toepassing van die definisie van “toekomstige uitgawes” in artikel 24C (1) van die Wet op Inkomstebelasting[2], op ’n kommoditeits-koopooreenkoms.

Die aansoeker (’n inwonende maatskappy) en ’n nie-inwonende bedryfsmaatskappy (Opco) sal ’n tussenmaatskappy-ooreenkoms aangaan vir die verskaffing van koopkrediete verteenwoordigend van hoeveelhede van sekere kommoditeite wat deur Opco gemyn word. Die aansoeker sal op sy beurt hierdie koopkrediete aan die koper (ook ’n nie-inwonende bedryfsmaatskappy) verkoop kragtens ’n 40-jaar koopooreenkoms[3].

Die koper moet ’n voorskot aan die aansoeker betaal vir die verkoop en lewering van die krediete. Geen gedeelte van hierdie betaling sal terugbetaal word nie en die aansoeker moet dit gebruik om die uitgawes wat hy sal aangaan met die nakoming van sy kontraktuele verpligtinge, te finansier.

Die koper sal ook produksiebetalings in kontant maak met die lewering van die krediete. Die koopooreenkoms maak voorsiening vir ’n gedetailleerde berekening van hierdie betalings, met sekere bedrae wat teen die voorskotbedrag gekrediteer moet word. Enige voorskot wat aan die einde van die kontraktermyn oorbly, sal aangewend word as ’n bykomende koopprys vir krediete wat reeds kragtens die kontrak gelewer is.

Aangesien bedrae teen die vroegste van ontvangs of oploping belas word, sal die voorskot in die aansoeker se belasbare inkomste ingesluit word in die jaar wat dit ontvang is.

Artikel 24C bied verligting aan ’n belastingpligtige wat ’n voorskot ingevolge ’n kontrak ontvang het, en wat in die toekoms uitgawes sal aangaan onder daardie kontrak. Die korting kan nie die bedrag ontvang of opgeloop ingevolge die kontrak, oorskry nie en moet in die daaropvolgende jaar bygevoeg word by die belastingpligtige se belasbare inkomste. Die toelae is verder onderworpe aan die Kommissaris[4] se diskresie en belastingbetalers moet die uitgawes wat aangegaan moet word, akkuraat raam om hul verpligtinge ingevolge die spesifieke kontrak na te kom. Dog, ’n berekening wat gegrond is op die verhouding tussen die totale beraamde uitgawe en die beraamde bruto inkomste uit die kontrak (d.w.s die kontrak se bruto winspersentasie) word algemeen aanvaar.

Met hierdie beslissing het die SAID bevestig dat die uitgawes wat aangegaan word om die krediete te bekom, toekomstige uitgawes sal wees soos beoog in artikel 24C (1). Daar is egter nie beslis oor die bepaling van die korting soos beoog in artikel 24C (2) of enige prysing- en oordragprysingsaspekte nie.

[1] No. 28 van 2011.

[2] No. 58 van 1962. Enige verdere verwysings na “artikels” is na die artikels van hierdie Wet.

[3] Die kontrak kan verleng word vir opeenvolgende 10-jaar periodes totdat Opco ophou om te bedryf.

[4] Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”).

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

MANAGEMENT’S RESPONSIBILITY

Throughout the audit of a set of financial statements, the phrase “management/director’s responsibility” appears. It is included in the engagement letter, the financial statements and the auditor’s report.  But what does it mean?

Management is responsible for the management of the business, for implementing and monitoring of internal controls in the business, and in terms of the Companies Act (“the Act”), for maintaining adequate accounting records and the content and integrity of the financial statements.  These financial statements must be issued annually to reflect the results thereof.

These financial statements are used by various users (shareholders, directors, banks, SARS, etc.) to make certain decisions (buying and selling of shares, valuations, credit terms, etc.), and therefore need to be a true representation of the business.  It is therefore critical that all transactions are valid, are recorded accurately and completely in the correct financial year, are classified correctly, and that all assets and liabilities that exist are recorded at the true cost/value thereof.

In terms of the Act, financial statements are to be prepared using either International Financial Reporting Standards (“IFRS”) or IFRS for Small to Medium-sized Entities (“IFRS for SME’s”).  Luckily management is not responsible to be experts in the above-mentioned standards, as the Act does allow for management to delegate the task of preparing the financial statements to someone with the knowledge and skill set to be able to perform this task.  The Act does, however, not allow management to delegate the responsibilities that go along with it too, so they need to ensure that when they do delegate the task, that it is to a responsible person and that they review the financial statements before approving it.

This article is a general information sheet and should not be used or relied upon as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice.  Errors and omissions excepted (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

WAARDASIE VAN VOORKEURAANDELE

Wanneer dit kom by inkomstebelasting, veroorsaak die kwessie van waardasie van aandele dikwels ’n groot mate van onsekerheid, veral waar aandele nie op ’n erkende beurs verhandel word nie. Alhoewel die Agtste Skedule van die Inkomstebelastingwet[1] in paragraaf 31 ’n bietjie leiding gee oor die markwaarde van sekere bates, is die ‘allesinsluitende’ metode die prys wat verkry sou kon word by die verkoop van ’n bate tussen ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper wat op armlengte in die oop mark handel.

Die reëls van kapitaalwinsbelasting bepaal dat persone op die datum van hulle dood geag word hul bates van die hand te sit (behalwe vir ’n beperkte getal uitsluitings) vir ’n bedrag gelykstaande aan die markwaarde van daardie bates. Markwaarde, en hoe dit bepaal moet word, is dus ‘n baie belangrike oorweging.

Die Hoogste Hof van Appèl het onlangs in CSARS v The Executors of Estate Late Sidney Ellerine 2018 ZASCA 39 ‘n bietjie meer leiding gegee oor die waardasie van voorkeuraandele in so ’n geval, deur die regte wat op daardie voorkeuraandele betrekking het, te oorweeg. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangevoer dat ten tye van die oorledene se dood hy geregtig was om voorkeuraandele wat hy in ’n maatskappy gehou het, te omskep in gewone aandele en dat die aandele op daardie basis gewaardeer moes word. Dit was ’n belangrike oorweging, aangesien dit die verskil gemaak het tussen die aandele wat ter waarde van R563 miljoen gewaardeer is, teenoor die nominale waarde van R112 000.

Nadat die Belastinghof aanvanklik bevind het dat die oorledene nie geregtig was om die voorkeuraandele in gewone aandele te omskep nie, het die Hoogste Hof van Appèl sekere wysigings wat in die maatskappy se Memorandum van Inkorporasie (soos dit toe was) aangebring is, asook twee spesiale resolusies, oorweeg. Feitelik, op grond van hierdie dokumente, het die hof bevind dat die oorledene inderdaad geregtig was om die voorkeuraandele op die datum van sy dood om te skakel na gewone aandele. Die aandele moes dus op R563 miljoen gewaardeer word, in plaas van R112 000.

Daar is twee belangrike lesse wat uit hierdie uitspraak geleer kan word. Eerstens, die presedent wat geskep is dat waar ‘n persoon die reg het om voorkeuraandele tot gewone aandele te omskep, die voorkeuraandele op daardie basis gewaardeer moet word.

Tweedens moet die ware bedoeling van partye weerspieël word in die bewoording en konstruksie van alle dokumente. Die regspan vir die respondent in die Ellerine-saak het sterk geargumenteer dat ’n doelgerigte en kontekstuele benadering gevolg moet word by die oorweging van die Memorandum van Inkorporasie en spesiale resolusies. Die hof was egter nie oortuig nie en het aangedui dat alhoewel bedoeling belangrik is, die basiese interpretasie gemaak moet word met verwysing na wat opgeteken is. Belastingbetalers word aangemoedig om professionele advies te verkry voor die uitvoering van ooreenkomste om te verseker dat hulle ware bedoeling en die doel waarvoor hulle uitvoering gee aan dokumente, duidelik blyk uit die bewoording wat gebruik word.

Soos  gesien kan word uit die Ellerine-saak kan versuim om dit te doen, baie duur wees.

[1] Nr. 58 van 1962

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

UNDER WHAT CIRCUMSTANCES CAN A PRIVATE COMPANY AND/OR CLOSE CORPORATION BE DEREGISTERED?

During the registration of a company or close corporation that entity acquires a legal personality. This legal personality comes to an end when the directors and/or members decide to deregister the entity. A company or close corporation can be deregistered in one or more of the following ways:

  • by means of a request from the directors and/or members of the company or close corporation or a similar request by a third party in instances where the entity is no longer trading, has no assets or liabilities and there is no reasonable likelihood that it will be liquidated;
  • by means of a request from the Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) in instances where a company or close corporation’s prescribed annual returns have been outstanding for two years or longer;
  • by means of a request from the CIPC when it is found that a company or close corporation has for at least seven years been inactive and no person has demonstrated a reasonable interest in the continued existence of the entity; and
  • in instances where the registration of the company and/or close corporation is transferred to a foreign jurisdiction.

In terms of Article 33 of the Companies Act No. 71 of 2008 (the Act) companies and close corporations are required to submit annual returns to the CIPC. The purpose of such CIPC return is to confirm that:

  • a company or close corporation is in business;
  • a company or close corporation is trading; and
  • a company or close corporation will still be in business and trading in the near future.

If a company or close corporation fails to submit the prescribed CIPC returns for two or more years the CIPC will assume that the entity is inactive and will take the necessary steps to deregister it. The effect of such deregistration will be the following:

  • that the company or close corporation will be deprived of its legal personality and will consequently no longer be able to enter into binding business transactions and agreements;
  • that the company or close corporation may no longer trade under its registered name;
  • that the assets of a deregistered company or close corporation are automatically transferred to the state as bona vacantia;
  • that, should there be existing debts to creditors, these debts are not cancelled but become unenforcable against the entity;
  • that CIPC removes the name of the company or close corporation from the register and the name becomes available for future use;
  • that any summons served on a deregistered company or close corporation cannot be enforced but also that a deregistered company or close corporation may not serve a summons on a debtor that fails to pay.

In an instance where CIPC deregisters a company or close corporation as described above, any interested person, including a third party who has a direct or indirect financial interest in the company or close corporation, may apply to have the deregistration reversed. It is also possible to apply to the court to request CIPC to reverse the deregistration.

When the deregistration of a company or close corporation is reversed, the company or close corporation acquires similar legal personality, and any rights or privileges that existed before deregistration again vests in the company or close corporation. The general effect is that the entity is deemed not to have been deregistered in the first place.

This article is a general information sheet and should not be used or relied upon as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice.  Errors and omissions excepted (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

BUYING OUT SHAREHOLDERS

We are often approached by clients to advise on the most tax efficient manner in which a shareholder can sell an investment in a private company. Typically, the parties involve a majority shareholder of a company that is interested in buying out the minority shareholders in the company and which will ensure that that majority shareholder becomes the single remaining shareholder of that company.

In essence, two options are available through which a shareholder may dispose of a share in a company to achieve the above goal: it could either sell its shares to the purchasing shareholder, or it could sell the shares owned back to the company (i.e. a so-called “share buyback”). These two different options have varying tax consequences, and taxpayers should take care that these (often material) transactions are structured in the most tax appropriate manner possible.

Where a share is sold to another shareholder, the selling shareholder will simply pay a capital gains tax related cost. For companies, such capital gains tax related cost will effectively be 22.4% of the gains realised, whereas the rate for trusts is 36% (if gains are not distributed to beneficiaries), or up to 18% if the seller is an individual.

Where shares are however sold back to the company whose shares are being traded, that share buyback constitutes a dividend for tax purposes (to the extent that contributed tax capital is not used to fund that repurchase). Capital gains tax is therefore no longer relevant, but rather the dividends tax. Dividends would typically attract dividends tax (levied at 20%), rather than capital gains taxes.

It may therefore be beneficial for an existing shareholder (that is itself a company) to opt for its shares to be sold back to the company whose shares are held (and which shares are therefore effectively cancelled), rather than to sell these to the remaining shareholders and pay capital gains tax. This is because if the shares are sold to the remaining shareholders, a 22.4% capital gains tax related cost arises. However, where the shares are bought back, the “dividend” received by the company will be exempt from dividends tax and therefore no dividends tax should arise, since SA resident companies are exempt from the dividends tax altogether. A company selling its shares back to the entity in which it held the shares may therefore dispose of its investment without paying any tax whatsoever: no capital gains are realised since the shareholder receives a “dividend” for tax purposes, and the dividend itself is also exempt from dividends tax.

Share buybacks have become a hot topic recently and National Treasury has now moved to introduce certain specific anti-avoidance measures and reporting requirements that apply in certain circumstances. Still, there are perfectly legitimate ways in which to structure many corporate restructures where a buyout of shareholders takes place, and taxpayers will be well-advised to seek professional advice to ensure that such transactions are structured in as tax effective manner as possible.

This article is a general information sheet and should not be used or relied upon as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice.  Errors and omissions excepted (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

HOEKOM DIT BELANGRIK IS OM TE WEET WAT DIE WAARDE VAN JOU BESIGHEID IS

’n Besigheidswaardasie wat behoorlik oorweeg is kan die eerste stap in vele noodsaaklike besigheidsprosesse en – aktiwiteite wees. Alhoewel daar baie voorbeelde is, kan dit byvoorbeeld die verkryging van ’n koop – en verkoopbeleid of fasilitering van ’n herstruktureringsproses insluit.

Die inisiëring van onderhandelinge tydens ’n transaksie oor die verkoop van ’n besigheid bly egter waarskynlik die algemeenste stimulus vir die waardasie van ’n besigheid, en vir baie besigheidseienaars mag sodanige gebeurtenis die eerste en enigste keer wees dat die gedagte om ’n besigheidswaardasie uit te voer, opkom.

Besigheidwaardasies word dus dikwels as die doel, eerder as die middel tot ’n doel, behandel.

Om ’n suksesvolle besigheid te laat groei vereis ’n geweldige tydsbelegging. As dit reg gedoen word, is hierdie belegging egter geregverdig aangesien geen ander belegging die potensiaal het om jou tydsbelegging oor die langtermyn beter te beloon as ’n suksesvolle besigheid nie. Om hierdie rede het ons dit nog altyd eienaardig gevind wanneer besigheidseienaars bereid is om te wag tot net voor verkoop, voordat dit belangrik geag word om die waarde van hulle planne, tyd (dikwels jare), pogings, ens. te kwantifiseer.

Dit is waarskynlik hier waar die waarde van behoorlike waardasie meestal oor die hoof gesien word. Ons is geneig om waardasie as die doel te beskou, terwyl dit miskien eerder as ’n leidende sleutelprestasie-aanwyser beskou moet word op die reis na gemaklike aftrede of uiteindelike uittrede uit ’n besigheid, ongeag wat die rede vir uittrede mag wees. Waardasies behoort die middele tot ’n doel te wees wat aangewend word om besluitneming en strategiese proses te ondersteun, nie wanneer jy gereed is om te verkoop nie, maar eerder terwyl dit nog moontlik is om positiewe aanpassings aan jou besigheid te maak.

In hierdie verband beveel ons gewoonlik aan dat ’n besigheidswaardasie ten minste jaarliks uitgevoer word, al word dit net in interne prosesse aangewend as ’n sleutelprestasie-aanwyser. Deur hierdie benadering te volg kan prestasie en groei periodiek gemeet word en die nodige strategiese en operasionele aanpassings kan gemaak word terwyl daar steeds tyd is om waarde toe te voeg deur goeie en omsigtige besigheidsbesluite te neem.

Dit is belangrik om daarop te let dat die waarde van ’n waardasie beperk is tot die kwaliteit van die interpretasie en toepassing daarvan. Dit is belangrik dat ’n waardasie gefokusseerde optrede vereis en dit is dus altyd ’n goeie idee om ’n betroubare en ervare finansiële adviseur by jou strategiese sowel as finansiële prosesse te betrek.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email

LAAT JOU BESIGHEID AANHOU GROEI

Om ’n suksesvolle besigheid te hê, beteken om seker te maak dat dit aanhou groei. Sonder groei, sal jou besigheid uiteindelik droogloop en stagneer. Maar, met die bykomende verantwoordelikheid om jou besigheid te handhaaf en te sorg dat alles glad verloop, kan dit moeilik wees om te weet waar om besigheidsgroei te soek.

  1. Kyk uit vir kostebesparings

Hierdie punt is veral waar wanneer jou besigheid probeer om ’n sukkelende ekonomie te oorleef. Om kostebesparende keuses te maak kan makliker of moeiliker word, afhangende van hoe jy jou inkomste/s en uitgawes bestuur.

Probeer kostebesparings vind waar jy ook al kan. Watter subskripsies betaal jy nog, wat jy nie meer nodig het nie? Watter verskaffersverhoudinge moet beëindig word? Spandeer jy te veel op skryfbehoeftes? Probeer om alle onnodige kostes uit te skakel, selfs al is hulle klein.

  1. Outomatiseer alles

Wanneer jy tyd mors, mors jy geld. Wanneer dit kom by dinge soos verslagvoorbereiding, die invoer van data, en betaalbare en ontvangbare rekeninge, is dit die moeite werd om jou outomatiese opsies te ondersoek. Iets soos die uitvoer van fakture kan nou met ’n klik van ’n knoppie en ’n paar drukke op die sleutelbord gedoen word. Daarbenewens kan hulle veilig, wettig en doeltreffend hanteer word.

Sodra jy gedeeltes van jou besigheid geoutomatiseer het, kan jy eksklusief op die groei van jou besigheid fokus, eerder as om dit net te handhaaf. Dit is krities, want die groei van ’n besigheid verg uiterste toewyding.

  1. Teiken ander markte

As jou huidige mark jou goed bedien, vra jouself of daar ander is. Soms is dit daardie ander markte wat die geld maak. As jou verbruikersmark wissel van jong professionele persone tot jong gesinne, dink aan waar hierdie mense die meeste van hulle tyd spandeer. Kan jy jou besigheid aan skole, restaurante of gemeenskapsgebeurtenisse bekend stel? Jy kan ook afslag aan spesiale belangstelling klubs aanbied, of ’n deel van jou winste aan skole en verenigings skenk.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email
Older posts

© 2020 T Roos

Theme by Anders NorenUp ↑