Sedert 2015 word buitelandse verskaffers van elektroniese dienste (soos oudiovisuele inhoud, e-boeke, ens.) in Suid-Afrika, geag ’n onderneming vir BTW plaaslik te bedryf. Alhoewel die regime al vir ’n aantal jare in plek is, word nuwe regulasies in hierdie verband voortdurend gepubliseer, die laaste op 18 Maart 2019, met ’n effektiewe datum van 1 April 2019. Saam met die nuwe regulasies het die SAID ’n “FAQ”-dokument gepubliseer wat sommige van die vrae wat handelaars en die publiek in die algemeen waarskynlik sal hê oor die implikasies van die opgedateerde regulasies en onlangse wetgewende wysigings, aanspreek. Hieronder ondersoek ons sommige van die meer relevante sake wat die SAID in die “FAQ”-dokument aanspreek.

 

Wat is elektroniese dienste? Elektroniese dienste beteken enige dienste wat deur ’n nie-inwoner vir oorweging verskaf word deur gebruik te maak van –

  • ’n elektroniese agent;
  • ’n elektroniese kommunikasie; of
  • die internet.

 

Elektroniese dienste is dus dienste, waarvan die verskaffing –

  • afhanklik is van inligtingstegnologie;
  • geoutomatiseerd is; en
  • minimale menslike ingryping behels.

 

Eenvoudig gestel, beteken dit dat vanaf 1 April 2019, u BTW moet betaal op ’n wyer reeks elektroniese dienste. Die regulasies omvat nou enige dienste wat kwalifiseer as “elektroniese dienste” (behalwe vir ’n paar uitsonderings) hetsy dit direk deur die nie-inwonerbesigheid of via ’n “tussenganger” verskaf word.

 

Enkele voorbeelde sluit in:

  • Veilingdienste;
  • Aanlynadvertensies of voorsiening van advertensieruimte;
  • Aanlynkoopportale;
  • Toegang tot “blogs”, joernale, tydskrifte, koerante, speletjies, publikasies, sosiale netwerke, “webcasts”, webinare, webwerwe, webtoepassings, webreekse; en
  • Sagteware-toepassings afgelaai deur gebruikers op mobiele toestelle.
Wat is spesifiek uitgesluit van die omvang van elektroniese dienste in die opgedateerde regulasies? Uitgesluit uit die opgedateerde regulasies is –

  • Telekommunikasiedienste;
  • Opvoedkundige dienste wat vanaf ’n uitvoerland (’n ander land as Suid-Afrika) voorsien word, welke dienste deur ’n onderwysowerheid kragtens die wette van die uitvoerland gereguleer word; en
  • Sekere lewerings van dienste waar die verskaffer en ontvanger aan dieselfde groep maatskappye behoort.
Wat is die rede vir die opgedateerde regulasies? Die oorspronklike regulasies het die omvang van dienste wat as elektroniese dienste kwalifiseer beperk en belasting moet teen die standaardkoers gehef word. Die voorneme van die opgedateerde regulasies is om die omvang van dienste wat as elektroniese dienste kwalifiseer, wesenlik uit te brei sodat alle dienste wat vir ’n oorweging (onderworpe aan ’n paar uitsonderings) verskaf word, wat deur middel van ’n elektroniese agent, elektroniese kommunikasie of die internet, elektroniese dienste is en BTW teen die standaardtarief gehef moet word.
Tref die opgedateerde regulasies ’n onderskeid tussen Besigheid-tot-Besigheid (B2B) en Besigheid-tot-Verbruiker (B2C) voorrade? Nee, daar is geen onderskeid tussen B2B en B2C-voorrade nie, daarom sal B2B-voorrade met BTW teen die standaardkoers gehef word. Hierdie uitkoms was opsetlik omdat die Suid-Afrikaanse BTW-stelsel nie ten volle die B2B- en B2C-konsepte onderskryf nie.
Wat is voorbeelde van voorrade wat nie elektroniese dienste is nie?
  • Sekere opvoedkundige dienste
  • Sekere finansiële dienste waarvoor ’n fooi gehef word
  • Telekommunikasiedienste
  • Sekere voorrade gelewer in ’n groep maatskappye
  • Die aanlynverskaffing van tasbare goedere soos boeke of klere
  • Sekere voorrade of dienste wat nie elektroniese dienste volgens hulle aard is nie, maar waar die uitset en oordrag van die dienste slegs elektronies gekommunikeer word, byvoorbeeld:
    • ’n regsmening wat in ’n uitvoerland voorberei is, per e-pos gestuur; en
    • ’n argitek se plan opgestel in ’n uitvoerland en per e-pos aan die kliënt gestuur.

 

Gegewe die veel groter toepassingsgebied vir elektroniese dienste, moet beide plaaslike en buitelandse handelaars toesien dat BTW teen die toepaslike tarief gehef word vir die verskaffing van elektroniese dienste – en plaaslike verkopers moet, waar toepaslik, die nodige stawende dokumente behou ten einde enige insetbelastingeise te staaf.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Print Friendly, PDF & Email